Wat ek bied
“Om waarde tot mense se lewens toe te voeg, een tree op ‘n slag”
My Christelike lewensbegeleiding is gegrond op Markus 12v29-31: om God lief te hê, jouself reg te verstaan en ander gesond lief te hê.
“Wanneer hierdie 3 in balans kom, begin ware verandering plaasvind“.
— ‘N BELOFTE VAN HOOP —
Ons is nooit alleen nie. Die lewe kan soms ons vrede steel en ons op paaie van moedeloosheid laat dwaal, maar Jesus is ons hoop.
Laat my jou help om te konnekteer, te herstel, te bou, en te groei aan ’n lewe van roeping en bestemming
Hier is ek. Ek stap saam met jou.

Berading (Counselling)
My agtergrond in berading en bediening stel my in staat om jou met medelye, wysheid en onderskeidingsvermoë te bedien.
Ons fokus is om saam onverwerkte wonde van die verlede deur te werk sodat genesing kan plaasvind deur die krag van die Heilige Gees, die voltooide werk van Jesus aan die kruis, en die onvoorwaardelike liefde van God die Vader.
Hoofdoel: Om vry te word van die effek van trauma en in oorwinning vorentoe te beweeg met ’n duidelike visie en helderheid van gees.

Begeleiding (Coaching)
Ek bied begeleiding aan wat Bybelse waarhede met praktiese hulpmiddels integreer vir emosionele en geestelike groei.
Hierdie proses help jou om te groei in die persoon wat God bedoel het jy moet wees, met jou gedagtes doelgerig gefokus op die pad vorentoe. Selfs wanneer moeilike tye kom, sal jy nie wankel nie, want jy staan op die ewige Rots — Jesus.
Hoofdoel: Om haalbare doelwitte daar te stel wat werklike persoonlike transformasie en ‘n lewe van passie en vervulling teweegbring.

Mentorskap (Mentoring)
Met ’n sertifikaat in Vroue in Bediening en jare se praktiese ervaring, begelei ek vroue deur seisoene van oorgang, genesing en leierskap.
Vanuit my eie lewensreis en die kennis wat ek oor dekades opgedoen, bied ek my dienste aan om jou te help om jou pad terug te vind na vrede, vreugde en dankbaarheid in Christus.
Hoofdoel: Om vroue te bemoedig, te motiveer en op te bou sodat hulle hul lewensomstandighede met krag kan trotseer en sterker anderkant uit kan kom.
Fokus Area en Begeleiding
Verhoudings – Begeleiding vir:
– huweliks- of gesinsverhoudings
– vriendskappe en grense
– konflik, kommunikasie en vergifnis
Gedagtes en innerlike wêreld – Ek fokus op:
– gedagtepatrone en ingesteldhede
– identiteit en selfwaarde
– emosionele bewussyn en verantwoordelikheid
Selfsorg – Gesonde selfsorg beteken:
– om jouself te verstaan sonder selfverwerping
– om gesonde grense te stel sonder skuld
– om met wysheid na jou emosionele, geestelike en praktiese welstand om te sien
Hoe sessies werk:
– Een-tot-een
– Aanlyn of persoonlik (soos vooraf gereël)
– Sessies is gestruktureerd, maar menslik buigsaam
Waarvoor ek staan

VISIE
Om individue te begelei na ‘n lewe van heelheid en oorwinning deur die herstel van hul ware identiteit in Christus, sodat hulle vanuit ‘n stewige fondament gegrond op Bybelse waarheid met doelgerigtheid kan leef en gesonde, vrugbare verhoudings bou.
— om jou te help om vanuit die duisternis na Sy wonderbare lig te beweeg.

MISSIE
Om te verbind, te herstel, te bou en saam te groei. Gewortel in die grootste gebod volgens Markus 12v29-31: om God lief te hê, ander lief te hê en jouself lief te hê.
Hierdie woorde is nie net Skrif nie, maar dit vorm ook die fondament vir genesing, transformasie en die ontdekking van jou ware doel.

WAARDES
Bybelse Fondament – God se Woord as die finale gids vir alle verhoudings.
Liefde Eerste – Om liefde te kies as die hoogste gebod en die kragtigste getuienis.
Integriteit – Om outentiek en opreg voor God en mense te lewe.
Restorasie – Om te glo in God se mag om gebroke verhoudings te herstel.
Gemeenskap – Om eenheid te bou oor families, vriendskappe, kerke en nasies heen.
Nuwe lewe begin hier…
Jou veilige hawe vir genesing en groei – Laat my toe om jou te help om te blom waar jy geplant is. Deur God lief te hê, jouself te verstaan en ander gesond lief te hê
